AKKOMMODASIE | TARIEWE | FASILITEITE | TOEGANGSROETES | AKTIWITEITE | GESKIEDENIS | GEOLOGIE & PLANTE | FAUNA | EKO-AANSLAG | LINKS | NAVRAE & KONTAK | TUIS









Aktiwiteite op Bosch Luys Kloof

Slegs beskikbaar vir inwonende gaste

Natuurritte

Met tien natuurroetes wat strek oor amper 50 kilometer en 5 uitkyk punte insluit, bied Bosch Luys Kloof die geleentheid om besonderse Karoo-plante te ontdek, pragtige vistas te beleef, endemiese wild te sien en ‘n verskeidenheid van voëlspesies te geniet. Die natuurritte word in oop Land Rover besigtigingsvoertuie onderneem en duur ongeveer 2.5 ure. Nog roetes word verken.

‘n Interessante historiese roete is onlangs geopen en vertel ondermeer stories van die eerste bewoners van die gebied en hulle leefstyl. San rotskuns kan ook van nader bestudeer word mits u kans sien vir ‘n kort, maar steil stap!

Stap in die Natuur

Bosch Luys Kloof se staproetes is ontwikkel om ons gaste Karoo Fauna en flora te laat verken en versteekte wonders van die natuur te beleef.

Staproetes wissel in moeilikheidsgraad en duur van 2.5 tot 4 ure. Die Reservaat beskik reeds met oor 6 ontwikkelde roetes. Meeste van die roetes moet deur ‘n gids begelei word na ooreengekom is oor ‘n gepaste roete n.a.v. weers- en natuursomstandighede.

U is ook welkom om maklike stap uitstappies te onderneem waaroor u by ons kan navraag doen.

Viertrekroetes

Daar is gedrukte boekies met volle besonderhede oor die roetes en inligting rondom hul historiese inligting, flora, fauna en oor-vertel-stories. Die inhoud van die boekies kan ook vir u ge-epos word as u bespreek het.

Die roetes, in kombinasie met ‘n piekniek by die uitkykpunt, kan geniet word in die Land Rovers of u kan hulle met u eie voertuie aanpak. Volledige besonderhede is beskikbaar.

 • To Hell ’n Gone

‘n Unieke viertrekroete is in 2010 oopgestel. Dit volg die interessante westelike historiese roete deur Berg Fynbos en bied dramatiese uitsigte veral vanf die Leer-Uitkykpunt oor die bekende Gamkaskloof (Die Hel).

Die uitsig vanaf die weste kant oor Gamkaskloof (Die Hel) is minder bekend maar nogal besonders.

 • Ska’wagter & Elandsberg roetes

Die splinternuwe roete volg ou skaapwagterspaadjies en vorm ‘n sirkelroete wat by die Lodge begin en eindig. Dit gaan oor ‘n verskeidenheid van rivierbos, karoo, bergrante, uitkykpunte en baie ander interessanthede. Die totale roete sluit in die Elands-, Gemsbok-, Ribbok-, Koedoe- en Springbokroete, die Gamkapoortdam uitkyk en die Oorwinnaarsrit!

Aangesien die roete lank duur is daar “ontsnaproetes” ingeval u nie die volle roete wil ry nie. U kan ook kombinasies van die verskillende dele ry.

Bergfiets ritte

U kan ook Bosch Luys Kloof se besonderse topografie, landskappe en natuurskoon vir ‘n onvergeetlike bergfietsrit benut. Bring u eie fiets(e) en alles wat u nodig het saam en ontdek die Karoo op ‘n unieke manier!

4x4, Bergfietse en Skoenlappers

Ons is so bevoorreg om die mees interessante gaste by Bosch Luys Kloof te ontvang!

Gedurende November 2011 het Dietmar en Claudia Ley van Mpumalanga/Frankryk (voorheen Duitsland en Mosambiek!) ons besoek. Hulle besit die pragtige boetiek "Hotel Les Magnolias" in Plaisance in Suidwestelike Frankryk maar spandeer ook ses maande van die jaar in Suid Afrika om na belange hier om te sien. Dietmar is 'n vroeg afgetrede I.T. spesialis en Claudia 'n vroeg afgetrede beleggingsbankier!

Hulle stokperdjie die afgelope vier jaar is om skoenlapper spesies in verskillende dele van Suidelike Afrika te identifiseer en op te spoor.Hulle toer natuurreservate en afgeleë gebiede met hul 4x4 voertuig en het Bosch Luys Kloof besoek en ook die To Hell 'n Gone roete self afgelê. Op 'n baie warm dag het hulle tydens 'n vier ure staptog die volgende skoenlappers geïdentifiseer. Sommiges is op die 4x4 uitstappie aangeteken:

The King Copper
(Tylopaedia sardonyx)
Van Son's Copper
(Aloeides vansoni)
Midas Opal
(Chrysoritis midas) 
Pan Opal
(Chrysoritis pan henningi)
Protea Emperor
(Charaxes pelias)
Cape Blackeye
(Leptomyrina lara)

Tulbagh Sylph
(Tsitana tulbagha)
Citrus Swallowtail
(Papilio demodocus)
Red Tip
(Colotis antevippe gavisa)
Painted Lady
(Vanessa cardui)
Yellow Pansy
(Junonia hierta cebrene)
African Ringlet
(Ypthima asterope)

Wat verder interessant is, is dat Claudia 'n fantastiese fiersry ervaring rondom Plaisance aan die ontwikkel is toevallig op dieselfde tyd wat ons dit by Bosch Luys Kloof aan die skep is! Sy sê dié roetes rondom die "Magnolias" is nie net vir sussies nie. Nou ja, nader aan die Bosch Luys Kloof ervaring kan dit nie kom nie!

Ons dink 'n kombinasie van die Bosch Luys Kloof/Plaisance roetes kan die toppunt van 'n fiersty ervaring wees.

Wat van die "DaKar(oo) vs Le Mans" ervaring!!

Ons berig weer vroeg in 2012 soos die roetes voltooi word!

Maar, waarom eintlik die storie? As jy op Bosch Luys Kloof is, kyk uit vir wild, voëls, slange, skerpioene, ens, ens, maar nou ook skoenlappers! (En dan praat ons nie van die plantdiversiteit nie!)

Watersport en Varswater Hengel

Dit is moontlik om by die aangrensende Gamkaspoortdam ‘n Kano/kajak vaart te onderneem of in die regte seisoen ‘n lyn in die water te gooi vir hoofsaaklik karp en swartbaar. Die dam se oppervlak is 600 hektaar wanneer dit vol is!

‘n Verskeidenheid watervoëls kan van naby af uit u kajak gesien word. Dit is ook ‘n wonderlike geleentheid om drie van die Hoofgesteentegroepe van Die Kaapse Supergroep soos wat hulle in lae verstrengel is uit ‘n ander hoek te aanskou.

Geen motorbote word op dié Staatsdam toegelaat nie en u moet al u eie toerusting saambring.

Sterrekyk

Vanaf die Lodge se ruim voorstoep kan u Suider Afrika se wonderlike sterreruim geniet met die hulp van slegs ‘n verkyker. Die Reservaat is ver van enige bronne van lugbesoedeling en stadsligte wat so ‘n ervaring kan belemmer en die aande met ‘n oop hemelruim is ver in die meerderheid.

Niksdoen

Die rustige atmosfeer van die Lodge en chalets, die rustige natuurritte, kroegdek wat uitkyk op bos en berg, koel water van die swembad en heerlike cuisine sal u volkome laat ontspan.'n gevoel wat elke siel broodnodig het. Niksdoen is ‘n opsie!

Groot Vyf-Uitsigte

Besoek Bosch Luys Kloof en ervaar ons unieke Groot vyf. iets wat baie min mense vantevore ervaar het! Afhangende van die lengte van u verblyf sal u een of meer van die uitsigte besoek tydens die natuurrit(te).

Die top vyf uitkykpunte op die Reservaat is sorgvuldig gekies om Bosch Luys Kloof se Groot Vyf saam te stel. Elk van die uitkykpunte is uniek met ‘n eiesoortige sjarme. Die uitsigte is spesiaal en "prentjies" daarvan sal vir lank na u besoek nog in u gedagtes opduik.

Omgewingsattraksies

Tydens u verblyf kan u interessante Passe, Klowe en Uitsigpaaie verken. Seweweekspoort en Huisrivierpas huisves beide pragtig formasies van ingeplooide en gevoude sediment lae terwyl Roete 62 ‘n verskeidenhed van Padstalle, restourante en kroeë akkommodeer. Ontdek ons plaaslike dorpies en ervaar ware Karoo gasvryheid. Ladismith bied uitstekende plaaslike wyne en kaas terwyl Calitzdorp alom bekend staan as die Port-Hoofstad! Leer meer oor die Ou Sendingstasie en Lutherse Kerk op Amalienstein en oor die boerdery aktiwiteite in die plaaslike Vleiland area waar daar onder andere vrugte, lusern en groentesaad geproduseer word en met diere soos skape en volstruise geboer word.










2009 Copyright © BOSCH LUYS KLOOF :: All Rights Reserved Terms & Conditions Web site by WebWorX