AKKOMMODASIE | TARIEWE | FASILITEITE | TOEGANGSROETES | AKTIWITEITE | GESKIEDENIS | GEOLOGIE & PLANTE | FAUNA | EKO-AANSLAG | LINKS | NAVRAE & KONTAK | TUIS

Die Gamkapoort Dam tydens sonsopkoms

Seweweekspoort

Interessante Formasies

Bosluiskloof
     
 

Geografiese Ligging:

 
     
 

Bosch Luys Kloof is die naam van die gronde soos dit saamgevoeg is in die 20ste eeu. Daar was oorspronklik 6 dele grond soos op kaarte 3321AD Ladismith en 3321BC Matjiesvlei geidentifiseer kan word nl. Bosch Luys Kloof, Olyvefontein, Langfontein, Dwyka Rivier, Roode Rand en Lange Rug.

Die reservaat lê aan die noordekant van die Swartberg reeks en sluit in die voetheuwel gedeeltes van die Groot  Swartberge. Benewens die Westelike ingang waarvandaan die reservaat bereik moet word, is feitlik die hele reservaat begrens deur staats- en ander natuurreservate. Aan die Suidekant is die bekende Gamkaskloof (Die “Hel”), aan die Ooste lê die Gamkapoortdam-gebied en in die noorde lê die Elands- en Blouberge wat die Staat ook deels as reservaat besit.

Bosch Luys Kloof is geleë op die grens tussen die Klein- en Groot Karoo in ‘n pragtige gebied. Slegs 4km Suid-Wes van die ingangshek is die pragtige en bekende Seweweekspoort deur die Swartberge.

‘n Interessante aspek is dat die reservaat grens aan die Gamkapoortdam wat gevoed word deur die Gamka-, Dwyka- en Bosluiskloofriviere. Die samevloeing is die historiese vertrekpunt van die water na die Indiese Oseaan. Wanneer die water deur die Swartberge (aan die Suidekant van Bosch Luys Kloof) deur die Klein Karoo beweeg, vloei die Olifants- en Buffelsriviere ook daarin en eventueel word dit die Gouritzrivier wat mond in die see naby die bekende Mosselbaai. Daar is reeds ‘n geruime tyd sprake van ‘n Gouritzrivier Megapark Inisiatief wat beteken dat die Noordelike oorsprong van die park by of naby Bosch Luys Kloof sal wees.

Hoogte bo seespieël wissel van 500m tot ongeveer 1400m op die hoogste punt, wat die heuwelagtigheid van die gebied aandui.


 
     
Uitsig na Gamkapoort Dam
Uitsig na Gamkaskloof - "Die Hel"

2009 Copyright © BOSCH LUYS KLOOF :: All Rights Reserved Terms & Conditions Web site by WebWorX