AKKOMMODASIE | TARIEWE | FASILITEITE | TOEGANGSROETES | AKTIWITEITE | GESKIEDENIS | GEOLOGIE & PLANTE | FAUNA | EKO-AANSLAG | LINKS | NAVRAE & KONTAK | TUIS


Geskiedenis!

Die verskillende dele van die reservaat was oor die laaste 160 jaar vir ekstensiewe veeboerdery aangewend. Dit beslaan tans nog amper 14 000 hektaar, maar was heelwat groter voor die bou van die Gamkapoortdam in 1967 – 1969 op die oostekant van die eiendom.Die dam het die vroeëre deurpad na Prince Albert asook ‘n paar duisend hektaar afgesny.

Alhoewel deur verskillende eienaars tot ±1970 redelik baie vee aangehou was, het ook die verdeling van die grond in groot 1000ha kampe in die middel van die 1900’s waarskynlik bygedra dat die veld in sommige gevalle oorbenut en in ander gebiede feitlik onaangetas is deur beweiding.

‘n Groot geluk het die veld te beurt geval toe dit sedert die bou van die dam nooit weer intensief benut was nie. Stadig, maar seker verbeter die veld sedertdien a.g.v lae benuttingspraktyke wat toegepas word.

Daar is op die reservaat steeds tekens te vind van ou strukture waar veeboere in die verlede gevestig was. Dit kan met begeleiding van gidse bereik word. ‘n Aantal ou grafte wat dateer vanuit die middel van die 19de eeu is besigtigbaar.

Sedert die aankoop van die gronde in 1996 deur die huidige eienaars word gepoog om die grond te bestuur as ‘n natuurreservaat op ‘n eko-vriendelike basis. In die Groot Karoo is klimaatstoestande en reënval natuurlik uiters belangrike faktore, wat jou om die beurt verheug en nederig hou.


2009 Copyright © BOSCH LUYS KLOOF :: All Rights Reserved Terms & Conditions Web site by WebWorX