EKO-AANSLAG
ALGEMEEN
Alle ontwikkelings word met ‘n eko-vriendelike benadering aangepak.
Bosch Luys Kloof word bereik met ‘n enkele grondpad wat toeganklik is vir die meeste voertuie, maar motors wat baie laag is word nie aanbeveel nie.
Watervoorsiening is vanuit boorgate wat, vlg toetse by die Universiteit van Stellenbosch, uitstekende gehalte water lewer en gaste kan dit met veiligheid drink. Die opvanggebied van die water is hoofsaaklik omliggende skoon onbewoonde berggebiede.
‘n Interessante stukkie geskiedenis is dat daar vroeër jare geglo is dat hier baie min ondergrondse water is. Ons meen dit het gespruit uit die feit dat die windpompe min water gelewer het, omdat die wind nie so gereeld hier waai nie.Die reservaat het inderdaad oormatige waterreserves.Omdat ons sonkrag gebruik, benut ons slegs ‘n baie klein deel daarvan.
Kragontwikkeling is gedoen op basis van sonkrag, ondersteun met ‘n kragopwekker. Son is oorvloedig beskikbaar en ons benut dit. Windkrag word oorweeg vir verdere uitbreiding. Ons versoek gevolglik gaste om kragverbruik met respek te hanteer ten einde ons voetspoor in die natuur so groen as moontlik te hou.
Ons nuwe geboue se dakke is sover moontlik met dekriet gedoen en natuurlike materiaal soos hout, klip en riet is sover moontlik aangewend. Geboue is geplaas met inagneming van die natuurlike elemente en is voorsien van hol-mure “cavity walls” om energie te bespaar.
Ons ontwikkel ons rypaaie en stappaaie met die kleins moontlike voetspoor. Dit is nog in ‘n ontwikkelingfase en die riglyne en insette van kundiges word verkry.
Sien ook ons Bestuursbeleid en Riglyne.
GEBOUE
Die hoofgebou is letterlik gebou rondom die historiese ou plaashuis wat in ± 1850 gebou was. Dit was totaal vervalle. Sover moontlik is dele behou en kan dit nog herken en uitgewys word vir belangstellendes.
Alle geboue en toerusting is luuks, maar met ‘n aardse en natuurlike aanslag toegerus.
FLORA
Ons het 'n proses begin om meer oor die spesifieke voordele van Spekboom (Portulacaria afra) wat tans selfs internasionale belangstelling geniet, te wete te kom. Bosch Luys Kloof huisves groot dele van hierdie plante in sy ruigte gebiede. Daar word beweer dat Spekboom een van die grootste sekwestreerders van koolstofdioksied in semi-ariede omgewings is weens die spesie se vermoë om tussen twee metaboliese weë te wissel.
Twee Meester Graad studente by die Univesiteit van Stellenbosch werk huidiglik aan projekte wat fokus op die Spekboom en die spesie se relevansie met betrekking tot hedendaagse omgewings kwessies byvoorbeeld Globale verhitting. Een van die studente is tans in diens by Bosch Luys Kloof en treë op as natuurgids vir gaste.
Lees meer onder die Flora en Fauna opskrif.
FAUNA
Bosch Luys Kloof Privaat Natuurreservaat volg 'n streng natuurbewaringsbeleid. A prominente voorskrif van die beleid stipuleer dat slegs inheemse diere, wat histories in die area voorgekom het, hervestig behoort te word. Hierdie streng maar korrekte beleid sal die plasing van spesies in vir hulle ekologies ongeskikte habitat, byv olifante in die Karoo, verhoed.
Lees meer onder die Flora en Fauna opskrif.
TEMPERATURE
Ons het termometers wat die maksimum dag en minimum nag temperature meet. Die tabelle hieronder dui die gemiddelde hoogste en laagste temperature vir elke maand aan.
| 2010 |
Mean Min (°C) |
Mean Max (°C) |
|
2011 |
Mean Min (°C) |
Mean Max (°C) |
| Jan-10 |
18.9 |
34.77 |
|
Jan-11 |
18.03 |
32.29 |
| Feb-10 |
18 |
32.3 |
|
Feb-11 |
19.71 |
31.89 |
| Mar-10 |
16.57 |
28.8 |
|
Mar-11 |
16.67 |
29.03 |
| Apr-10 |
12.03 |
23.66 |
|
Apr-11 |
11.1 |
21.87 |
| May-10 |
9.7 |
18.67 |
|
May-11 |
8.61 |
17.19 |
| Jun-10 |
4.3 |
15.53 |
|
Jun-11 |
5.5 |
13.67 |
| Jul-10 |
4.53 |
15.27 |
|
Jul-11 |
3.03 |
13.35 |
| Aug-10 |
6.94 |
18.74 |
|
Aug-11 |
4.48 |
17.41 |
| Sep-10 |
9.24 |
22.14 |
|
Sep-11 |
7.03 |
21.27 |
| Oct-10 |
11.96 |
25.3 |
|
Oct-11 |
10.1 |
24.23 |
| Nov-10 |
14.27 |
27.17 |
|
Nov-11 |
11 |
24.27 |
| Dec-10 |
15.61 |
26.32 |
|
Dec-11 |
13.93 |
29.37 |
|