AKKOMMODASIE | TARIEWE | FASILITEITE | TOEGANGSROETES | AKTIWITEITE | GESKIEDENIS | GEOLOGIE & PLANTE | FAUNA | EKO-AANSLAG | LINKS | NAVRAE & KONTAK | TUIS

Die Konferensie en Onthaalsaal

Conference & Wedding Centre
Conference & Wedding Centre
Conference & Wedding Centre
Conference & Wedding Centre
Conference & Wedding Centre

Gourmet Kos

Fine Dining at Boschluyskloof
Fine Dining at Boschluyskloof

FASILITEITE

Bosch Luys Kloof is hoofsaaklik tot beskikking van oorblygaste wat alles wat die reservaat aanbied kan geniet. Verder leen die ontwikkeling hom ook daartoe om spesiale funksies, huwelike, konferensies, ens, aan te bied.

Leefstyl en Décor

Die natuurlike en aardse décor by Bosch Luys Kloof is meer aangaande 'n leefstys al 'n styl – amper 'n tipe leefwyse. Ons liefde vir die aarde, die grond, hout, klippe en ou deurleefde artikels het die décor by Bosch Luys Kloof, wat vloei deur die Lodge, Chalets, tuine en oraloor, geinspireer en is eie aan ons voorkeur.

Baie mense verlang vandag kontak met die rou natuurlike aardse produkte soos sand, grond, hout, leer, ou materiaal ens. wat die basis van natuurlike décor vorm. Die beskeie uniekheid daarvan skep 'n huislike en eenvoudige maar tog verheffende leefstyl. Die veeleisende en elektronies gelaaide wêreld van vandag vra vir 'n ontsnap-roete na 'n ander leefstyl waarin met die aarde en sy natuurlike inspirasie kontak gemaak word.

Bosch Luys Kloof bied 'n leefspasie, 'n ontsnapping na 'n verjongende ontspannings wegbreek – in gerief en privaat en naby Moeder Aarde. Ons glo in die onvergelykbare skoonheid van die natuur en omgewing wat soms net uit klein eenvoudige dinge ervaar word. Tydloos, rou, simplisties maar pragtig.

Gerhard & Ans
Eienaars


Huwelike (Maksimum 36 – 50 persone)

Slegs klein privaat en spesiale funksies word hanteer wat tweede huwelike, herbevestigings, ens insluit. Gaste bly oor met 'n naweekpakket en 'n persoonlike plan word uitgewerk rondom al die beskikbare fasiliteite. Vir besprekings van 30 plus gaste word geen ander gaste aanvaar nie en u geniet eksklusiewe gebruik van Bosch Luys Kloof.


Konferensies, Wegbreke, Beplanningsessies, ens.
(Maks 36 persone)

Bosch Luys Kloof se saal is toegerus met eie projektor, witbord, papier, ens. Tee en koffie word daar bedien.

Etes word by die Lodge geniet, pieknieks in die veld, ens. Dit is 'n naweek / midweek oorslaap pakket. Metgeselle is welkom en geniet die rustigheid, swembad, salon, ens.

'n Program word spesiaal vir elke groep beplan. Minstens 24 gaste word verlang (byv 12 plus metgeselle) om die reservaat eksklusief vir u eie gebruik te bespreek.


VERDER

Hieronder volg 'n kort beskrywing van die Geboue en Fasiliteite op Bosch Luys Kloof.

  • Die Hoofgebou

    Die hoofgebou sluit in 'n ontvangs area, eetkamer, sitkamer, salon, kroeg, swembad en swembaddek.

    Die Hoofgebou
  • Die Gaste wooneenhede bestaan uit:

    1. Vyf dubbeleenhede, dws ‘n oopplan sit- en slaapkamer plus ‘n addisionele privaat slaapkamer, elk met en suite badkamers en ruim buitestoepe en buitestorte. Vier persone word baie gerieflik gehuisves.
    2. Vier enkel eenhede met oopplan sit- en slaapkamers soos by 1. maar sonder die addisionele slaapkamer. Hierdie eenhede bied ruim en gerieflike akkommodasie vir twee persone.
    3. ‘n Gastehuis met vier en suite slaapkamers, gedeelde woonareas, nl sitkamer, eetkamer en ‘n groot stoep met ongelooflike uitsigte.
    4. Ons beskik oor 18 dubbelkamers in totaal en groepe van tot 36 gaste kan hier oornag.
    En-suite Room with living area
  • Die Konferensie en Onthaalsaal

    Die saal is privaat en apart van die Lodge en “in die bos” met sy eie, losstaande geriewe. Die saal kan tot 50 persone akkommodeer.

    A Wedding at Boschluyskloof
  • Die Eetkamer en Kroeg

    Uitstekende etes word in die eetkamer aangebied. Ons sjef het outentieke spyskaarte ontwerp, wat unieke smaakervarings aan ons gaste beloof. Die drie maaltye beloof om ‘n wonderlike belewenis te wees.
    Die kroegarea is ‘n spesiale kuierplek vir gaste, met ‘n houtdek wat uitkyk op die bos en ‘n drinkgat vir wild.

  • Die Salon

    Die Salon bied ontspannings-behandelings aan met vooraf bespreking in 'n rustige private atmosfeer. Organiese produkte word gebruik vir masserings.

Trou Fotos

Wedding
Wedding
Wedding
Wedding
Wedding

Gourmet Kos

Fine Dining at Boschluyskloof
Fine Dining at Boschluyskloof
Fine Dining at Boschluyskloof
Copyright © 2009-2011  ::  BOSCH LUYS KLOOF  •  Site by:  WebWorX in Oudtshoorn