Four star game reserve, South Africa

Seweweekspoort Akkommodasie

Open plan chalet
Oop plan chalet

Ons bied twaalf maande van die jaar verblyf aan by ons Seweweekspoort akkommodasie. Gaste kan luukse dubbel-eenhede (twee slaapkamers/4 beddens) bespreek of enkel-eenhede (een slaapkamer/2beddens) of een tot vier slaapkamers in die luukse gastehuis.

Ons nege chalets is oopplan soos wat hierbo gesien kan word. Die vyf enkel eenhede kan opgemaak word vir 'n enkel bed, twee enkelbeddens of 'n dubbelbed.

Vier chalets beskik oor 'n ekstra slaapkamer met stort, wasbak & toilet. Dit is vir vriende, familie of kinders geskik. Dié chalets kan ook soos die enkel eenhede voorberei word.

Alle chalets is privaat, ruim en bied en suite badkamers. Die dubbel chalets is ideaal vir vriende of familie wat 'n chalet wil deel.

Alle chalets is ruim, front noord en bied pragtige uitsigte oor die Karooveld en koppies en die Elandsberge en Soetdoring-rivierbos aan die reservaat se noordekant. Wild kan van die privaat dekke/stoepe gesien word. So ook vanaf die ruim stoep van ons baie spesiale gastehuis.

The Guest House at Bosch Luys Kloof Nature Reserve
Die Gastehuis

Die chalets is nagenoeg 45m2 en die dek/stoep voeg nog 15m2 daarby! Die dubbel chalets se 2de kamer 'n verdere 20m2.

Die gastehuis is 'n ruim huis met 'n motorafdak, groot sitkamer met 'n kaggel, vier en-suite kamers en 'n yslike stoep met ongelooflike uitsigte oor die hele reservaat.

Alle akkommodasie is nuut gebou en maak gebruik van kleistene en spoumure. Daar is geen gerestoureerde plaashuise of cottages nie.

Die akkommodasie bied koningsgrootte beddens, dubbel baddens, dubbel al fresco storte, vuurherde, muskietnette, sluitkassies, haardroers, tee/koffie fasilitiete, ens.

The Lodge at Bosch Luys Kloof Nature Reserve
Die "Lodge"

Verwys asb ook na ons Fasiliteite afdeling

Kinders

Alle kinders is welkom, maar vir ooglopende redes, onder toesig van hul ouers.

Troeteldiere: Geen troeteldiere kan ingebring word nie.

Copyright © 2018 Bosch Luys Kloof   •   Site by: WebWorX