Four star game reserve, South Africa

Bosch Luys Kloof Aktiwiteite

Slegs beskikbaar vir inwonende gaste


Natuurritte

Avontuur 4x4 roetes

Met 'n verskeidenheid natuurroetes wat oor menige kilometer strek en 5 uitkyk punte insluit, bied Bosch Luys Kloof die geleentheid om besonderse Karoo-plante te ontdek, pragtige vistas te beleef, endemiese wild te sien en ‘n verskeidenheid van voëlspesies te geniet. Die natuurritte word in oop Land Rover besigtigingsvoertuie onderneem en duur ongeveer 2.5 ure. Nog roetes word verken.

Sommige roetes het ook inligting oor interessante historiese gebeure en aktiwiteite.

Natuurstap & voetslaan

Begeleide stappe

Ons 10 voetslaanroetes is versigtig ontwikkel oor die laaste 10 jaar. In totaal dek hulle alle wesenlike dele van die reservaat wat betref plantegroei, heuwels, klowe, landskappe, ens. Die verskillende roetes neem van 2.0 tot 4.5 ure om te stap.

Gaste wat net gemaklik wil rondwandel is welkom. Vra ons personeel om vir u keuses aan te beveel.

Besonderhede van al die staproetes is beskikbaar in die KAROMINO AFDELING.

  Die Roete Afstand Gradering*
1 Bosluiskloof Pas 9.0 km 5
2 To Moer & Gone 9.3 km 8
3 To Hell & Gone 21.0 km 5
4 Con se pad 6.2 km 3
5 Ossewa Roete 11.9 km 7
6 Dwijka Roete 11.5 km 8
7 Langerug Roete 7.1 km 6
8 Shepherd's Roete 12 km 6
9 Rooderand Roete 4.7 km 5
10 Historiese Roete 9 km (plus?) 2

*Uit 10


Voetslaan in die Karoo

4x4 Natuurroetes

Ons 4x4-roetes is gemik op die genieting en waardering van die landskap, natuurskoon, en uitsigte, deur die hele familie.

Ons doel is om 3 roetes oor die reservaat te open wat die drie oorheersende landskappe en plantegroeistreke toeganklik sal maak vir ons gaste.

Elke 4x4 roete het n boekie met beskrywende inligting van die roete om die rit nog meer genotvol te maak. Elkeen wat die roete voltooi kry n 4x4 plakker vir sy voertuig.

Vat 'n 4x4 roete aan

i) Ons eerste roete "To Hell & Gone" is nou al 'n bekende ervaring wat gaste van verskeie werelddele reedes geniet het. Die roete is aan die suidekant van die reservaat en strek oor afgesonderde bergfynbosgebied met pragtige uitsigte oor die Swartberge en Gamkaskloof (die Hel).
•Vanaf die lodge en terug is ongeveer 35km.
Graad 2/3.

Vat 'n 4x4 roete aan

ii) Die "Shepherd's Trail" wat ons in 2011 geopen het strek weer oor die noordelike deel van die reservaat oor die oop koppies, nekke en klowe in die meer tipiese Nama-karoo suid van die Elandsberge. Dit het ook lieflike uitsigte in alle rigtings en meer wild. Dit vertrek ook vanaf die lodge en eindig met 'n oorwinnaars-roete by Gamkapoortdam.
•Tot by die lodge terug is ongeveer 24km.
Graad 3.

Vat 'n 4x4 roete aan

iii) Ons derde en miskien die mooiste roete, die "Wagon Route to Beaufort" strek oor die klowe en koppe in die vallei-bos streek oor die middel deel van die reservaat (oos/wes). Dit is meer uitdagend maar tegelyk ook spesiaal! Ons is nou 4 keer deur met ons Land Rover Defender en 4x4 entoesiaste kan dit nou maar kom geniet. Slegs voertuie met laestrek en ewenaarslotte is geskik. Jy het ook 'n navigator nodig.
Graad 5.

Al drie roetes het baie interessante stories om te vertel uit die geskiedenis.

Bergfiets ry en “Trail Running”

Bergfietsroetes raak gewild by Bosch Luys Kloof

U kan ook Bosch Luys Kloof se besonderse topografie, landskappe en natuurskoon vir ‘n onvergeetlike bergfietsrit benut. Bring u eie fiets(e) en alles wat u nodig het saam en ontdek die Karoo op ‘n unieke manier!
Die reservaat raak gewild met fietsryers. Die ryers geniet die veiligheid van die private paaie en spore. Uiterste ryers daag ons 4x4 roetes met groot opgewondenheid.
Dieselfde met “trail runners”. Ons beplan die uitbreiding en verbetering van die Jeep- en enkelspore.

Trail running at Bosch Luys Kloof
Trail running at Bosch Luys Kloof

Sterrekyk

Vanaf die Lodge se ruim voorstoep kan u Suider Afrika se wonderlike sterreruim geniet met die hulp van slegs ‘n verkyker. Die Reservaat is ver van enige bronne van lugbesoedeling en stadsligte wat so ‘n ervaring kan belemmer en die aande met ‘n oop hemelruim is ver in die meerderheid.

Spirituele ervarings

'n Besoek aan Bosch Luys Kloof neem jou weg uit die daaglikse vinnige lewe in die stad. Die reservaat is gelee aan die einde van 'n cul-de-sac en bied stilte en vrede vir die wat wil afwen. Geen selfoon ontvangs is 'n bonus - klank trek ver in hierdie skoon wêreld en niemand wil mekaar se gesprekke volg nie! Die stilte sal jou weer jouself laat ontdek. Vir 'n spirituele ervaring het ons twee ervarings geskep.

Die spirituele uitsigkoppie

Die kort stappie bokant die chalets neem jou deur ses fases van 'n universele gebed. Jy eindig bo-op 'n koppie wat uitkyk oor die reservaat - verwyl 'n tydjie daar. 'n Mooi begin vir 'n nuwe dag. 'n Blaadjie om jou te lei is by ontvangs.

Die petite chatres "doolhof"

Die klein doolhof is naby die lodge. Dit was ontwerp so 800 jaar gelede in Frankryk en bestaan uit 7 klein sirkels. Die vier elemente is Oos, Noord, Wes en Suid en verteenwoordig - in daardie orde - Opgewondenheid, inspirasie, vreugde en tevredenheid. 'n Blaadjie om jou te lei is by ontvangs.

Niksdoen

Die rustige atmosfeer van die Lodge en chalets, die rustige natuurritte, kroegdek wat uitkyk op bos en berg, koel water van die swembad en heerlike cuisine sal u volkome laat ontspan.'n gevoel wat elke siel broodnodig het. Niksdoen is ‘n opsie!

Groot Vyf-Uitsigte

Kinders geniet die uitsig

Besoek Bosch Luys Kloof en ervaar ons unieke Groot Vyf. Iets wat baie min mense vantevore ervaar het! Afhangende van die lengte van u verblyf sal u een of meer van die uitsigte besoek tydens die natuurrit(te).

Die top vyf uitkykpunte op die Reservaat is sorgvuldig gekies om Bosch Luys Kloof se Groot Vyf saam te stel. Elk van die uitkykpunte is uniek met ‘n eiesoortige sjarme. Die uitsigte is spesiaal en "prentjies" daarvan sal vir lank na u besoek nog in u gedagtes opduik.

Omgewingsattraksies, insluitend Passe & Poorte

Tydens u verblyf kan u interessante Passe & Poorte, Klowe en Uitsigpaaie verken. Seweweekspoort en Huisrivierpas huisves beide pragtig formasies van ingeplooide en gevoude sediment lae terwyl Roete 62 ‘n verskeidenhed van Padstalle, restourante en kroeë akkommodeer. Ontdek ons plaaslike dorpies en ervaar ware Karoo gasvryheid. Ladismith bied uitstekende plaaslike wyne en kaas terwyl Calitzdorp alom bekend staan as die Port-Hoofstad! Leer meer oor die Ou Sendingstasie en Lutherse Kerk op Amalienstein en oor die boerdery aktiwiteite in die plaaslike Vleiland area waar daar onder andere vrugte, lusern en groentesaad geproduseer word en met diere soos skape en volstruise geboer word.

Copyright © 2021 Bosch Luys Kloof   •   Site by: WebWorX