Four star game reserve, South Africa

Biodiversiteit

Algemeen

Biodiversiteit is tans ’n redelike gonswoord en ons is nie eers 100% seker wat binne daardie breë definisie val nie, maar t.o.v Bosch Luys Kloof kan ons die volgende bestuursbenaderings en feite wel oordra want ons poog om ’n spesiale natuur belewenis vir mens, dier en plant te bied.

  1. Bosch Luys Kloof se hele 13 700 Ha² is vry van enige kommersiële aktiwiteit anders as die paar hektaar wat vir lae intensiteit toerisme afgesonder is. Ons volg redelik getrou ekologiese beste praktyk.
  2. Bosch Luys Kloof is ± 40% aangrensend tot staats-natuurreservate. Verder val ons binne die nuwe Gouritz Bio reservaat wat in Junie deur UNESCO verklaar is – die grootste in Suid-Afrika.
  3. Alle plant en dierelewe is 100% natuurlik – ons volg ’n beleid van geen inmenging. Uitheemse plante voorkom ons en die voorkoms is absoluut minimaal. Heelparty van ons diere spesies moes ons hervestig om weer terug te kan keer tot wat dekades en eeue gelede hier natuurlik voorgekom het.
  4. Ons belading van diere word binne perke gehou sodat hulle totaal van die reservaat af leef – geen voer, dip of doseerprogramme.
  5. Jag word beperk tot eie gebruik tans nog, maar beheerde jag sal later toeneem as diere getalle dit vereis. Geen ‘teel’ van mak ‘wilde’ diere hier nie.
  6. Bosch Luys Kloof omsluit minstens vyf hoof fisiografiese landskap eenhede met ’n groot varieteit van plant gemeenskappe.
  7. ±1000 Ha Spekbos (Portulacaria afra) groei natuurlik op die reservaat en hierdie plant se vermöe om CO2 uit die atmosfeer te onttrek oorskry dié van enige ander plant. Ons suurstof inhoud in die atmosfeer is dus baie gunstig.
  8. Bosch Luys Kloof val ook binne die Kaapse Blom Koningryk – die kleinste en rykste in die wêreld, en ook beskryf as een van die wêreld se 18 biodiversiteit hotspots’.
  9. Die groot verskeidenheid medisinale plante hou ons diere gesond op die natuurlike manier.
  10. Hier is geen sigbare bogrondse of ondergrondse krag of ander lyne/verbindings nie. Slegs by die oord is daar natuurlik ondergrondse lyne.
  11. Ons het goeie ondergrondse water – maar mors nie daarmee. Die tuine is aangelê met lae waterbehoefte en hoofsaaklik inheemse / endemiese plante.
  12. Ons besoedelingsfaktor is feitlik nul – ons is volledig ingeskakel op sonkrag, vullis/afval word weggery na dorpsstortterrein, brandhout word ingekoop en nie op reservaat ge-oes nie, ens.

Ons glo –

  • Die mensdom het plekke nodig waar hulle die natuur kan ontdek en ongestoord geniet.
  • Die natuur en stilte het ’n psigologiese positiewe waarde vir die mens
  • Dat dit tot almal se voordeel sal wees as ons hierdie stukkie aarde kan bewaar!
Eienaars & Bestuurder/Natuurgids, Bruce Garven
Winter 2015

Ontwikkelings

Alle ontwikkelings word met ‘n eko-vriendelike benadering aangepak. Sedert die aankoop van die gronde in 1996 deur die huidige eienaars word gepoog om die grond te bestuur as ‘n natuurreservaat op ‘n eko-vriendelike basis. In die Groot Karoo is klimaatstoestande en reënval natuurlik uiters belangrike faktore, wat jou om die beurt verheug en nederig hou.

Bosch Luys Kloof word bereik met ‘n enkele grondpad wat toeganklik is vir die meeste voertuie, maar motors wat baie laag is word nie aanbeveel nie.

Watervoorsiening is vanuit boorgate wat, vlg toetse by die Universiteit van Stellenbosch, uitstekende gehalte water lewer en gaste kan dit met veiligheid drink. Die opvanggebied van die water is hoofsaaklik omliggende skoon onbewoonde  berggebiede.

‘n Interessante stukkie geskiedenis is dat daar vroeër jare geglo is dat hier baie min ondergrondse water is. Ons meen dit het gespruit uit die feit dat die windpompe min water gelewer het, omdat die wind nie so gereeld hier waai nie. Die reservaat het inderdaad oormatige waterreserves. Omdat ons sonkrag gebruik, benut ons slegs ‘n baie klein deel daarvan.

Kragontwikkeling is gedoen op basis van sonkrag, ondersteun met ‘n kragopwekker. Son is oorvloedig beskikbaar en ons benut dit. Ons versoek gevolglik gaste om kragverbruik met respek te hanteer ten einde ons voetspoor in die natuur so groen as moontlik te hou.

Ons nuwe geboue se dakke is sover moontlik met dekriet gedoen en natuurlike materiaal soos hout, klip en riet is sover moontlik aangewend. Geboue is geplaas met inagneming van die natuurlike elemente en is voorsien van hol-mure “cavity walls” om energie te bespaar.

Ons ontwikkel ons rypaaie en stappaaie met die kleins moontlike voetspoor. Dit is nog in ‘n ontwikkelingfase en die riglyne en insette van kundiges word verkry.

Sien ook ons Bestuursbeleid en Riglyne.

Geboue

Die hoofgebou is letterlik gebou rondom die historiese ou plaashuis wat in ± 1850 gebou was. Dit was totaal vervalle. Sover moontlik is dele behou en kan dit nog herken en uitgewys word vir belangstellendes.

Die Hoofgebou
Die Hoofgebou

Alle geboue en toerusting is luuks, maar met ‘n aardse en natuurlike aanslag toegerus.

Flora

Ons het 'n proses begin om meer oor die spesifieke voordele van Spekboom (Portulacaria afra) wat tans selfs internasionale belangstelling geniet, te wete te kom. Bosch Luys Kloof huisves groot dele van hierdie plante in sy ruigte gebiede. Daar word beweer dat Spekboom een van die grootste sekwestreerders van koolstofdioksied in semi-ariede omgewings is weens die spesie se vermoë om tussen twee metaboliese weë te wissel.

Twee Meester Graad studente by die Univesiteit van Stellenbosch het aan projekte wat gefokus het op die Spekboom en die spesie se relevansie met betrekking tot hedendaagse omgewings kwessies, byvoorbeeld globale verhitting, gewerk.

Fauna

Bosch Luys Kloof Privaat Natuurreservaat volg 'n streng natuurbewaringsbeleid. A prominente voorskrif van die beleid stipuleer dat slegs inheemse diere, wat histories in die area voorgekom het, hervestig behoort te word. Hierdie streng maar korrekte beleid sal die plasing van spesies in vir hulle ekologies ongeskikte habitat, byv olifante in die Karoo, verhoed.

Lees meer onder die Flora en Fauna opskrif.

Temperature

Ons het termometers wat die maksimum dag en minimum nag temperature meet. Die tabelle hieronder dui die gemiddelde hoogste en laagste temperature vir elke maand aan.

20102011201220132014201520162017
JanMean Min °C18.918.0318.315.4516.618.319.516.5
Mean Max °C34.7732.293430.8832.333.93431
FebMean Min °C1819.711615.5216.815.41716
Mean Max °C32.331.8931.230.7932.130.33233
MarMean Min °C16.5716.6715.214.213.415.81414.5
Mean Max °C28.829.0328.428.6527.429.32830.5
AprMean Min °C12.0311.19.69.610.511.311.511
Mean Max °C23.6621.8721.522.1722.123.424.524.5
MayMean Min °C9.78.616.47.0278.187
Mean Max °C18.6717.1918.719.6217.420.819.521.5
JunMean Min °C4.35.54.73.582.94.833
Mean Max °C15.5313.6713.913.913.814.31515.5
JulMean Min °C4.533.033.35.52.54.331.5
Mean Max °C15.2713.3513.217.8716.514.01416
AugMean Min °C6.944.483.64.075.16.54.53.5
Mean Max °C18.7417.411516.3818.718.32119
SepMean Min °C9.247.037.45.986.88.66.57
Mean Max °C22.1421.2720.519.9724.121.022.523
OctMean Min °C11.9610.19.710.2910.912.69.59.5
Mean Max °C25.324.23232426.528.227.525
NovMean Min °C14.271112.812.513.412.51411.5
Mean Max °C27.1724.2728.529.0427.827.528.527
DecMean Min °C15.6113.9317.215.0515.416.91714.2
Mean Max °C26.3229.373129.6931.132.732.519.75

Ons bedryf ‘n natuurreservaat en wil dit as sulks bestuur. Enige vorm van besoedeling word dus vermy – hetsy geraas, rommel, lig, lug, ens.

Geen geraas kan geakkommodeer word by ons wooneenhede nie, daarom is daar geen elektroniese toerusting, soos TV’s nie.

Die hele ontwikkeling is beplan vir minimum kragverbruik. Alle ligte en kragproppe word voorsien vanaf sonkrag. Gebruik dit asb spaarsamig.

Alle water word gelewer met sonkragpompstelsels.
Geen rook in enige geboue word toegelaat nie. In die winter gebruik ons wel kaggelvure vir verwarming, maar wend wel sovêr moontlik indringerhout aan daarvoor.

Ons nooi ons gaste uit om die wonderlike skoon en onbesoedelde lug te geniet. Ons het geen nywerheidsbesoedeling nie en van die plantegroei hier is bekend as van die hoogste suurstofproduseerders. Daarom versoek ons gaste wat rook om glad nie in geboue of wooneenhede te rook nie, want u wil nie vir ander die genot van die skoon lug bederf nie.

Bosch Luys Kloof  het nog vele onontdekte skatte – miskien is u die ontdekker van ‘n wonder waarvan ons nog nie weet nie!

Copyright © 2018 Bosch Luys Kloof   •   Site by: WebWorX