Four star game reserve, South Africa

Diere

"Al die wild op Bosch Luys Kloof is waarlik natuurlike wild - vrylopend sonder enige menslike inmenging en manipulasie. Om wild hier teen te kom op 'n natuurrit, staptog, bergfietsrit, ens. is 'n egte natuurbelewenis."

Die reservaat dra tans ongeveer 800 groter wild waarvan ongeveer 400 Kaapse Bobbejaan is. Dan ook Eland, Koedoe, Gemsbok, Rooihartebees, Springbok, Duiker, Klipspringer, Vaal ribbok, Steenbokkie en Kaapse Grysbokki ens.

Kleiner soogdiere sluit in kleinkol muskeljaatkat, vaal muishond, dassie, rooi klipkonyn, kolhaas, ystervark, vaalboskat, ens.

Rooi Hartebees
Rooi Hartebees

Karnivore is hoofsaaklik Kaapse Luiperd, Rooikat en Rooijakkals.

Mens tref selfs veld/kliplikkewaan, ratel en blou-aap aan op 'n gelukkige dag.

'n Klein groep vlaktesebra is in 2010 ingebring en daar is in 2016 ongeveer 25/30 reeds.

Laastens loop 'n klein groepie Nguni beeste ook vry rond en verbeel hulle hulle is wild.

Kaapse bergluiperd

Vanaf die middel van Februarie 2017 was ons bevoorreg genoeg om die Kaapse Bergluiperd n hele paar keer op die bewegingskamera by Bosch luys Kloof vas te vang danksy Bruce, ons bestuurder se volgehoue pogings. Hierdie uiters skugter katte is een van die Groot Vyf en is ook deur die skrywer en naturalis, Justin Fox vernoem as een van die “Impossible five” met verwysing na hul geheimsinnige bewegings. Die ongerepte bergwildernis van Bosch Luys Kloof met sy lae populasiesyfer en volop natuurlike prooi soos dassie, klipspringer, bobbejaan ens. is ’n ideale habitat vir hierdie groot katte .

Die eerste foto is geneem op 5 Februarie 2017, maar ongelukkig was dit en die volgende reeks fotos nie 100 % nie as gevolg van baie redes byv. die spoed waarteen die luiperd voor die kamera verby beweeg het. Uiteindelik was ons gelukkig genoeg om ’n aantal duidelike vollengte fotos van twee groot luiperdmannetjies te kon neem waar hulle enkele dae uitmekaar aan ’n elandkarkas vreet. (Luiperd fotos) Ons is verbaas oor die grootte van die twee.

Ongeag hul onheilspellende jagmetodes (uiters bekwame bekruipers – dink aan die alombekende “leopard crawl”) is luiperds opportunisties en sal nie hul neuse optrek vir ’n lae-energie en lae risiko maaltyd soos om op ’n karkas te aas nie. Volg hierdie skakel na ’n kaart van Bosch Luys Kloof wat luiperd aktiwiteit in die verskillende areas aandui: Kaart van luiperd aktiwiteit

Augustus 2017

Kaapse bergluiperd
Kaapse bergluiperd

Voëlkyk

Daar loop nie oral olifante en renosters rond nie, maar voëls is oral! Om voëls te identifiseer in 'n wegbreek of vakansie waar jy ookal gaan is tans 'n groot belangstelling en tydverdryf vir baie mense.

Die reservaat is ook die tuiste van 'n ryk verskeidenheid voëlsoorte, met 'n verskeidenheid van habitattipes wat wissel vanaf bergfynbos, Karoo valleibos wat met spekboom oorheers is en akasia rivierbos na gebroke Nama-Karoo veld en binnelandse renosterveld.

Die groter area rondom Bosch Luys Kloof (insluitend omliggende gebiede soos Gamkaskloof, Swartberg Natuur Reservaat, ens) sluit in ongeveer 200 spesies in 'n 200 000 ha gebied. Ons het twee voëlkykskerms naby die lodge maar selfs rondom die lodge is heelwat voëls te sien. 'n Gas, Vernon Head, voorsitter van BirdLife S.A., het in Sept 2016 as volg geskryf:

"You should tell future guests that it is possible to see over 40 species from the deck of a chalet! My final count from my front deck was 42 species, 39 of which were seen in two hours, while having coffee on the first morning! This does not even happen in the Kruger National Park!
Vern"

Hy is nie die enigste wat al groot tellings behaal het nie.

Ons het 'n lys van voëlspesies wat hoofsaaklik in die somer deur gaste gedokumenteer is saamgestel. Dit is al 110 + in ons 13 600 ha!

Klik hier om die BLK Informeel Voëlwaarneming Lys af te laai.

Onthou om jou verkyker met jou saam te bring en kyk of jy nog by die lys kan byvoeg.

Burchell's Zebra
Burchell's Zebra

Goudvis

Koi en goudvis is beide mutasies van karp. Goudvis van Crutian Carp en Koi van Gyprinus Carpio. Goudvis het per ongeluk hier beland toe ons 'n paar koi gekoop het en het vermeerder van 3 tot 300 plus in die sementopgaardam

Koi het 'n ou geskiedenis wat terugstrek tot 20 mil jaar gelede in ou China. Hulle word dikwels in kunsvorme gebruik.

Die Boeddiste verbind die koi met geluk, krag, vasbeslotenheid en deursettingsvermoë - wonderlike eienskappe! Die Japannese het 'n groot rol gespeel in die verdere ontwikkeling van koi, en noem hulle Nishikigoi.

Die goudvis is ook deur chinese boeddiste in die jaar 600-900 AD ontwikkel as simbole van vriendskap, vrede en goedheid.

Teen die 10de eeu het hulle gewilde "troeteldiere" geword met variasies in kleur, vorm, sterte, ens. Daarna het dit na Japan en Europa versprei en teen 1850 ook die VSA en die wêreld.

Copyright © 2018 Bosch Luys Kloof   •   Site by: WebWorX