Four star game reserve, South Africa

Bosch Luys Koof Fasiliteite - Seweweekspoort

Bosch Luys Kloof is hoofsaaklik tot beskikking van oorblygaste wat alles wat die reservaat aanbied kan geniet. Verder leen die ontwikkeling hom ook daartoe om spesiale funksies, huwelike, ens, aan te bied. (Ons het slaapplek vir 36 gaste.)

Leefstyl en Décor

Die natuurlike en aardse décor by Bosch Luys Kloof is meer aangaande 'n leefstys al 'n styl - amper 'n tipe leefwyse. Ons liefde vir die aarde, die grond, hout, klippe en ou deurleefde artikels het die décor by Bosch Luys Kloof, wat vloei deur die Lodge, Chalets, tuine en oraloor, geinspireer en is eie aan ons voorkeur.

Baie mense verlang vandag kontak met die rou natuurlike aardse produkte soos sand, grond, hout, leer, ou materiaal ens. wat die basis van natuurlike décor vorm. Die beskeie uniekheid daarvan skep 'n huislike en eenvoudige maar tog verheffende leefstyl. Die veeleisende en elektronies gelaaide wêreld van vandag vra vir 'n ontsnap-roete na 'n ander leefstyl waarin met die aarde en sy natuurlike inspirasie kontak gemaak word.

Bosch Luys Kloof bied 'n leefspasie, 'n ontsnapping na 'n verjongende ontspannings wegbreek - in gerief en privaat en naby Moeder Aarde. Ons glo in die onvergelykbare skoonheid van die natuur en omgewing wat soms net uit klein eenvoudige dinge ervaar word. Tydloos, rou, simplisties maar pragtig.

Gerhard & Ans
Eienaars

Huwelike (Minimum 30 gaste vir eksklusiwiteit)

Trougaste te Bosch Luys Kloof
Trougaste te Bosch Luys Kloof

Slegs klein privaat en spesiale funksies word hanteer wat tweede huwelike, herbevestigings, ens insluit. Gaste bly oor met 'n naweekpakket en 'n persoonlike plan word uitgewerk rondom al die beskikbare fasiliteite. Vir besprekings van 30 plus gaste word geen ander gaste aanvaar nie en u geniet eksklusiewe gebruik van Bosch Luys Kloof.


Doen navraag!

Die Hoofgebou

Die hoofgebou sluit in 'n ontvangs area, eetkamer, sitkamer, salon, kroeg, winkel (shoppe), swembad en swembaddek.

Die Eetkamer en Kroeg

Uitstekende etes word in die eetkamer aangebied. Ons sjef het outentieke spyskaarte ontwerp, wat unieke smaakervarings aan ons gaste beloof. Die drie maaltye beloof om ‘n wonderlike belewenis te wees.
Die kroegarea is ‘n spesiale kuierplek vir gaste, met ‘n houtdek wat uitkyk op die bos en ‘n drinkgat vir wild.

New Year's Eve at Bosch Luys Kloof
Oujaarsaand te Bosch Luys Kloof

Aktiwiteitsentrum

Die sentrum is voortdurend verbeter om gaste en kinders met verskeie data oor die wild, plante, fossiele, ens. in te lig. 'n DVD / TV met natuur verwante inligting is beskikbaar vir kinders.
Daar is ook 'n witbord vir kinders om op te teken, 'n area buite om te speel, ens.

"Shoppe" in die hoofgebou

Die salon is omskep in n “shoppe” wat natuurlike produkte verkoop. Hoofsaaklik items uit die veld versamel, uit hout byv. Daar is ook n reeks Karoo konfyte. Besoek dit gerus.

Dit bied ook 'n verskeidenheid van plaaslike Karoo konfyt, ens.


Die Hoofgebou
Die Hoofgebou

Die Gaste wooneenhede bestaan uit:

  1. Vyf dubbeleenhede, dws ‘n oopplan sit- en slaapkamer plus ‘n addisionele privaat slaapkamer, elk met en suite badkamers en ruim buitestoepe en buitestorte. Vier persone word baie gerieflik gehuisves.
  2. Vier enkel eenhede met oopplan sit- en slaapkamers soos by 1. maar sonder die addisionele slaapkamer. Hierdie eenhede bied ruim en gerieflike akkommodasie vir twee persone.
  3. ‘n Gastehuis met vier en suite slaapkamers, gedeelde woonareas, nl sitkamer, eetkamer en ‘n groot stoep met ongelooflike uitsigte.
  4. Ons beskik oor 18 dubbelkamers in totaal en groepe van tot 36 gaste kan hier oornag.
Oopplan Chalet
Oopplan chalet

Copyright © 2018 Bosch Luys Kloof   •   Site by: WebWorX