Four star game reserve, South Africa

Bosch Luys Kloof Geologie & Flora

Sneeu in Seweweekspoort
Sneeu in Seweweekspoort

Bosch Luys Kloof is die naam van die gronde soos dit saamgevoeg is in die 20ste eeu. Daar was oorspronklik 6 dele grond soos op kaarte 3321AD Ladismith en 3321BC Matjiesvlei geidentifiseer kan word nl. Bosch Luys Kloof, Olyvefontein, Langfontein, Dwyka Rivier, Roode Rand en Lange Rug.

Die reservaat lê aan die noordekant van die Swartberg reeks en sluit in die voetheuwel gedeeltes van die Groot  Swartberge. Benewens die Westelike ingang waarvandaan die reservaat bereik moet word, is feitlik die hele reservaat begrens deur staats- en ander natuurreservate. Aan die Suidekant is die bekende Gamkaskloof (Die “Hel”), aan die Ooste lê die Gamkapoortdam-gebied en in die noorde lê die Elands- en Blouberge wat die Staat ook deels as reservaat besit.

Bosch Luys Kloof is geleë op die grens tussen die Klein- en Groot Karoo in ‘n pragtige gebied. Slegs 4km Suid-Wes van die ingangshek is die pragtige en bekende Seweweekspoort deur die Swartberge.

Fossiele afdrukke in die rots
Fossiele afdrukke in die rots

‘n Interessante aspek is dat die reservaat grens aan die Gamkapoortdam wat gevoed word deur die Gamka-, Dwyka- en Bosluiskloofriviere. Die samevloeing is die historiese vertrekpunt van die water na die Indiese Oseaan. Wanneer die water deur die Swartberge (aan die Suidekant van Bosch Luys Kloof) deur die Klein Karoo beweeg, vloei die Olifants- en Buffelsriviere ook daarin en eventueel word dit die Gouritzrivier wat mond in die see naby die bekende Mosselbaai. Die reservaat vorm deel van die nuutgestigte Gouritz Megapark.

Hoogte bo seespieël wissel van 500m tot ongeveer 1400m op die hoogste punt, wat die heuwelagtigheid van die gebied aandui.

Ekologie & Flora

Lichen flecked rock

Bosch Luys Kloof omvat vyf plant- en/of veldtipes. Die grense is natuurlik oorvleuelend maar die oorhoofse afbakening is redelik aanvaarbaar.

Die Karoo-bosveld (thicket) deel is ongeveer 4000 ha en strek oos/wes oor die middeldeel van die reservaat, net suid van die rivierlaagte. Daar is aaneenlopende reekse koppies en klowe. Die tuiste van dassies en witkruisarende benewens die antilope.
Groot dele Spekbos kom voor en dele met heelwat grasse. Algemene boom en struik soorte is soetdoring, karee, ghwarrie, doppruim, pendoring, rotsvy, ens. Baie klowe is dreineer lyne en hou lank water.

Die Karoo gebroke veld is ongeveer 3500 ha en strek ook van oos na wes, net noord van die rivierlaagte. Dit het minder groter bome en struike behalwe natuurlik in die vele dreineerlope waar dit ooreenkom met bie karoo bosveld. Daar is heelwat meer karoo-bossieveld en sukkulente. Spekbos is beperk tot sekere noordaansig koppies.
Algemene stande van ysterbos, sosatiebos, kougoed, kriedoring, ankerkaroo, ribbokbos, granaatbos, noem-noem, melkbos, ghwarrieson, vanwyksbos, skilpadbos, ens. kom voor.

Fossil imprints in rock

Ons bergfynbosstrook strek ook oos/wes oor die suide van die reservaat en sluit Hartmansberg in. Dit dek ongeveer 3000 ha. Dit is 'n hoë en bergagtige deel, hoogste op die reservaat.
Daar is al drie fynbos elemente, maar proteas is 'n skaars en beperkte species. Die grasse sluit in goeie weigras, maar dit is beperk en die deel is geneig om suur te wees weens die grondtipe.
Renosterbos, sandolien, bloubos, peperbos, bitou, kapokbos, ribbokbos, ens. kom voor.

Die rivierbos loop natuurlik saam met die Bosluiskloofrivier, ook van wes na oos en beslaan sowat 1500 ha. Dit word oorheers deur die soetdoringboom wat hier nooit sy blare verloor nie danksy die hoë watertafel.
Benewens gras en bossies daarom, is daar baie struikgewas soos ghwarrie, koeniebos, ganna-tipes, noem-noem, karee, jakkalsbos, ens.

Lichen flecked rock

Heel in die noordwestelike hoek is 'n deel renosterveld van ongeveer 1200 ha. Dit is moeilik bereikbaar en bergagtig. Dit is 'n oorgangsgebied tussen fynbos en gebroke veld.

Weens oorbelading in die dae van oa die "wolboom", het die maklik bereikbare dele natuurlik slae gekry, byv rondom die rivier. Genadiglik het die bou van die Gamkapoort-dam boerdery hier amper tot stilstand geruk omdat hul gebruikspad na Prince Albert toe afgesny is.
Die veld het daarna oral begin herstel en word sedert 1996 reeds op lae vlakke van benutting bestuur. Die herstel is sigbaar maar die grootste bydraer is goeie reënjare – wat in die Groot Karoo nie volop is nie. Dit blyk dat daar nog goeie saadreserwes bestaan.

Copyright © 2018 Bosch Luys Kloof   •   Site by: WebWorX