Four star game reserve, South Africa

Bosch Luys Kloof Pas
Die Staproete

AFSTAND: 9km ongeveer
STYGING/DALING: 500m ongeveer

Bosluiskloof Pass Hike

Die Bosluiskloofpas het ‘n lang en interressante geskiedenis. Oorspronklik gebou in die 1860’s as ‘n ossewa en ruiter trekpad is dit steeds vandag iets spesiaal. Die pad deur Seweweekspoort is eerste gebou maar het dikwels weggespoel.Dit het gelei daartoe dat die Swartberg Pas gebou is. Tussendeur is die Bosluiskloof pas gebou en verbeter. Die ingenieur was Adam de Smidt, swaer van Thomas Bain.

Die bekende beskrywing deur Lord Atherstone en Thomas Bain toe hulle daarna deur die pas gery het (op perde) is –

“A scene burst upon us that I shall not forget in a hurry. Breathless I gazed down the valley on the boundless sea of blue mountains, cones and peaks, table tops and jagged lines of hillocks, tingled with the faint blush of early morn…” (verkort).

Die toneel was ook geskets deur Sophia Gray in 1869.

Stappers word afgelaai by die reservaat se hoof hek en stap dan terug tot by die lodge. Dit is ‘n genotvolle stap van omtrent 9km en die idée is om die omgewing en mooi uitsigte te geniet. ‘n Totale verskillende ervaring as met n motor. Voordat jy by die pas self begin afgaan stap jy verby die beginpunte van die ‘To Moer ‘n Gone’ staproete, asook die ‘To Hell ‘n Gone’ stap/4x4/MTB roete wat eindig by die Leer bo die Hel (Gamkaskloof). Die bergreeks voor jou (oos/wes) is die Hartmansberg. Die Groot Swartberge self is na regs.

Hartmansberg is vernoem na ‘n Duitse familie wat vir dekades lank hier in afsondering gewoon het voor die huidige pad gebou was. Mnr Hartman was blykbaar ‘n ystersmid wat trekkers se waens en perdeskoene herstel het soos hulle verby sy huis getrek hetna die binneland en terug.Hy het na die pad se bou waarskynlik nader getrek.

Die kloof waar hy gewoon het het ‘n varswaterspruit gehad wat vandag nog nie opgedroog het nie, selfs ongeag die huidige erge droogte sedert 2015! Ons neem aan dat Mnr Hartman bevriend was met inwoners van Gamkaskloof (Die Hel) wat nie te ver weg was nie.

Die mooi uitkykpunt wat vroeër na verwys is is net om die draai, na die “Aalwyn draai” voordat jy die pas begin afgaan. Jy sal opmerk hoe die plantegroei begin verander soos wat jy verder stap. Daar is borde langs die pad met kort inligting.

Met ‘n geoegfende oog sal jy ‘n paar fossiele kan oplet langs die pad nader aan die onderkant van die pas. Hierdie is die ‘bosluise” soos deur die padbouers gedoop en vandaar die naam Bosch Luys Kloof. Dit is fossiele hoofsaaklik van trilobiete wat ongeveer 250 – 500 miljoen jaar terug in die vlak binnelandse see geleef het. Fossiele van skulpe en mossels onder andere kan ook gesien word as jy gelukkig is.

Naby aan die onderkant van die pas sal jy ‘n groot rots uit die 1800’s met ou name op gegrafeer vind. Net om die draai is nog ‘handtekeninge’ teen die krans regs. Ons neem aan dat in die dae toe die pas gebou was daar nog vars oppervlakswater by die drif (Wa-drif) was. Die ou windpomp werk nie meer nie, maar ‘n sonpompie pomp nog water uit die boorgat elke dag! Wa-drywers het destyds hul osse uitgespan op hierdie draai voordat hulle die steil pas aandurf sodat hulle kon water drink en rus, of nadat hulle by die pas afgekom het.

Vanaf hierdie punt verder aan hou jou oë oop vir vrylopende koedoe wat wat daarvan hou om tussen die bosse in hierdie klofies rond te wei. Op die pas self, en verder aan is die kanse baie goed dat jy ‘n klipspringer paartjie sal raakloop.

Verder aan stap jy verby die begin van die ‘Wa-roete’ staproete. Dié is ook die eindpunt van die Wa-Roete 4x4 uitdaging. Jy sal ook verder aan verby ou klip en modder skaapwagter-skuilings stap. Voordat draad gebruik was om skape in te hou en ongewensde roofdiere uit te hou, was skaapwagters algemeen.

Omtrent 7km vanaf die beginpunt van die stap beweeg jy verby die eindpunt van die ‘To Moer ‘n Gone’ staproete. Van hier af is dit omtrent nog 2.3km na die lodge.

Sowat 1km vanaf die lodge stap jy deur ‘n klofie (Dassie Draai) met mooi klipkranse weerskante. Hier kan jy ‘n bietjie tyd deurbring in die koelte van die skaduwee onder die kranse. Dié harde klip kranse was juis ‘n hindernis wat vroeë reisigers verhoed het om in die Groot Karoo in te beweeg. Tot en met 186? moes trekkers die ‘To Hell ‘n Gone’ pad gebruik, bo-oor die Hartmansberg en die kloof binnekom aan die oostelike kant van ons huidige ‘Wa-roete’. Ook sigbaar in dié harde klip is gate wat heel moontlik aandui dat dinamiet in latere jare gebruik was om roete oop te blaas. Interressant genoeg was dinamiet eers in 1867 ontdek en die vroeë padbouers het slegs buskruit, mannekrag en intensiewe metodes van verhitting en afkoeling van die klip (om dit te bars), ‘crowbars’, groot hamers ens gehad om die rotse uitmekaar uit te breek. Die lodge is nou slegs ‘n draai of drie verder. Jy het sopas omtrent 500m gedaal van bo tot onder!!

Copyright © 2019 Bosch Luys Kloof   •   Site by: WebWorX