Four star game reserve, South Africa

DWIJKA ROETE
Stap roete

KO-ÖRDINATE: 33°17'46.73"S, 21°36'37.28"O
AFSTAND: ± 11.5km (BEGIN TOT BEGIN)
± 9km (BEGIN tot 17 OP KAART)

STYGING: 395m
DALING: 395m
MOEILIKHEIDSGRAAD: Uitdagend
GESKATTE TYD: ± 4uur (BEGIN tot 17 OP KAART)
± 4.5uur (BEGIN TOT BEGIN)
MIN. HOOGTE BO SEESPIEEL: 394m
MAKS. HOOGTE BO SEESPIEEL: 667m
GEMERK MET: Klippe met Wit Geverfde Voete en Pyle

Dwijka Trail

Identiteit:
Die roete deurkruis die deel van die reservaat wat histories bekend gestaan het as Dwijka. Die roete volg deur Fonteinskloof tot by ‘n ou windpomp aan die voet van Hartmansberg en volg dan verder tot by Gamkapoortdam en weer terug tot by die beginpunt om die sirkel roete te voltooi.

Beskrywing:
Die roete begin en eindig by die hek van die Gamkapoortdam, ongeveer 9km vanaf die lodge. Parkeer jou voertuig by enige parkeer plek en stap dan terug in die rigting van die lodge. By punt (1), draai links van die hoofpad af (ongeveer 315m van die parkering af) en volg dan tweespoor uitrit pad. Jy sal ‘n rivierbed oorkruis wat gewoonlik droog is en dan verby ‘n waterpunt beweeg by punt (2) (Fonteinkloofswatergat), asook die oorblyfsels van ‘n ou windpomp. Kort nadat jy verby die windpomp beweeg het, vertak die roete na links (3) (jy sal ‘n klip gewaar met ‘n wit geverfde voet, wat die vertakking aandui).

Start/end point of trail
Parkeer plek by hek na Gamkapoortdam (Begin & Einde)
Start/end point of trail
Kyk uit vir hierdie klip by (7) die roete beweeg noord hierna

Jy sal jouself nou bevind op ‘n wildpaadjie wat meestal deur sebra en verskeie boksoortte gebruik word om by Fonteinskloofwatergat te drink. Die roete hardloop in ‘n westelike rigting en draai dan suid van waar jy dan opdrand sal begin beweeg. Die ‘Ganna vlaktes’ is aan jou regterkant (4) (vaal grys bossies met höe voedingswaarde). Punt (5) neem jou verby ‘n interessante klein koppie (spitskoppetjie) aan jou linker kant, dis vaal in kleur in vergelyking met die omliggende koppies en het ook nie veel plant lewe wat daarop groei nie. Dié area van die reservaat lê bo-op skalie van die Bokkeveld groep. ‘n Erosie bestande dekkingslaag het die spits van hierdie koppie beskerm, met onderliggende lae wat vinniger verweer het. In kontras met omliggende gronde en skalie is hierdie koppie heel moontlik baie ligter in kleur weens laer vlakke van organiese materiaal en yster.

Die pad neig na regs en beweeg op na ‘n klein heuwel. As jy bo-op die heuwel is, kyk uit vir die wit gemerkte paal en volg die wit geverfde klippe van daar af (6). Jy sal verby hierdie wit paal oor die heuwel stap en van daar dan afwaarts beweeg na ‘n watersloot aan die westelike kant van die heuwel. In die watersloot draai die paadjie links en volg die roete dan verder (7). Daar is klippe met wit geverfde voete, maar diere kan dit so nou en dan verskyf, volg net die watersloot in ‘n suidelike rigting by Fonteinskloof op.

By punt (8) sal jy die tekens sien van ‘n ou pad. Die roete was gebruik vir die hoofdoel om massiewe masjienerie te vervoer om te boor vir water by punt (13) op die kaart.

Old windmill
Ou windpomp by punt (13)

(Die reservaat het oorspronklik uit verskeie plase bestaan. Tydens die wol revolusie in 1950’s het ‘n deel van die reservaat, toe bekend as Dwijka rivier plaas, water nodig gehad om as ‘n onafhanklike plaas geklassifiseer te word. In die proses, het die toe plaas eienaar ‘n pad uiteengesit na ‘n moontlike boorgat punt, en met die hulp van drie trekkers ( ‘n ou McCormick, Fordson en John Deere) het hulle dit uiteindelik reggekry om die swaar boormasjien die pad uit te sleep tot op die regte punt, om voort te gaan met die boor proses.‘n Ou windpomp, sement water trog en ‘n ou sement dam by punt (13) is bewys van die poging tot water op dié mees ongelee plek. Gelukkig was daar water maar tog kan ons onsself verwonder aan die harde werk en deursettingsvermoe en al die uitdagings wat deur gegaan moes word op die moontlikheid om water te vind.)

Hou aan beweeg in ‘n suidelike rigting Fonteinskloof in, in die rigting van die Hartmansberg. Die watersloot maak sy eerste vurk, hou links (9). Jy stap nou tussen Soetdoring bome (Vachellia karoo/ Sweet thorn ), hou jou oe oop vir koedoes, dassies, klipspringers en bobbejane teen die hange aan beide kante van die valley. Jy mag ook Witkruisarende gewaar wat ook op die uitkyk is vir dassies. Gras eetende diere soos sebra, gemsbok en rooihartebeeste gebruik ook gereeld hierdie roete tussen die suidelike koppies en Fonteinskloof watergat. Jy behoort gereeld van hul mis en voetspore op roete langs te gewaar.

By punt (10) sal jy ‘n lyn klippe loodreg oor die wandelpaadjie gewaar, bewyse van die ou grensdraad. Boere gebruik nou nog klippe om draad heinings se voete vas te pak, om te verhoed dat vee en predatore soos jakkelse tussen kampe kan beweeg. Kort na die ‘grens lyn’ sal jy ‘n ‘brug’ teekom (11), dit word waargeneem deur die magdom klippe wat met hande arbeid saam gepak is in ‘n erosie sloot om die boor masjien daaroor te kry.

Spekboom (Portulacaria afra) groei ongelooflik goed in areas met direkte sonlig en daarom sal jy baie van hierdie plante teen die noordelike en oostelike berghange waarneem, asook Ghwarrie en Noem-Noem bosse.

By punt (12) op die kaart, maak die vallei oop na die oostelike en westlike kant aan die voet van die Hartmansberg. Hier volg die pad na links en klim geleidelik in ‘n oostelike rigting na die ou windpomp (13). Luiperds gebruik ook hierdie paadjie en jy sal gereeld die ou gekalsifiseerde mis van luiperde sien le op die roete. Neem ‘n oomblik en luister na die ou winpomp, luister na die geluid wat sy stalasie maak, daar waar hy allen teen die koppie staan, dit dien as ‘n herhinnering oor hoe belangrik water is en aan die brawe mans en vrouens wat hulself hier as pioniers gevestig het in die Karoo. Verbeel jou die moeite wat dit geverg het om die boor masjien in die middel 1900’s te vervoer tot op hierdie punt, ons kan maar net die hardewerk wat dit geneem het en die soektog na water deur die pioniers waardeer! Ons vermoed dat daar in die verlede ‘n hele paar areas in Fonteinskloof was wat met fonteine oppervlaks water verskaf het. In meer onlangse jare na die droogte hou hierdie natuurlike poele nie meer water deur die jaar nie.

Route instructions to keep left
Tussen (14 en 15) op jou oostwaartse afdaal vanaf die windpomp swaai die afvoersloot effens na regs. Neem ‘n roete links om en oor die koppie wat voor jou opspring (soos aangedui op die prentjie)
San rock art
San rotskuns by punt (15)

Van hier af beweeg die roete ooswaarts en voortwaarts. Hou links van die rivierloop skeiding, jy kan jou eie roete kies, daar is verskeie paadjies wat deur diere gebruik word, solank jy net ooswaarts beweeg. Op party plekke kan jy in die water afvoersloot loop. Jy sal verby ‘n ou veekamp heining loop (14) wat die skeiding tussen twee plase aandui, naamlik Olyvenfontein en Dwyka River. Tussen (14) en (15) is daar ‘n paal gemerk DWIJKA ↑ (verwys na prentjie) wat aandui dat die paadjie nou links uit die water afvoersloot beweeg en links om die koppie wat voor jou le (die afvoersloot self swaai effens na regs). Bo op die koppie se skouer is ‘n groot klip met twee witgeverfde voetjies, van hier af kan jy die dam sien. Verder aan is ‘n bord SAN CAVE, en regs onder jou waar die klofie (15) terugswaai na jou toe nog so ‘n bord.

Stap af tot by hom en volg die wit merkers die klofie in tot by die San grot en rotskuns. ‘n Onlangse ontdekking, dit lyk asof die Gamka en Dwijka rivier deur die hoof kunswerk voorgestel word, en net bo en links ‘n persoon wat swem (fyn kuns). ‘n Ander prentjie lyk soos die van ‘n persoon wat op ‘n boot of vlot vaar. Die reenboogagtige strepe op die hoof kunswerk mag die uitbeelding van die riviere, of karrosse wees. In rots kuns in ander dele van die wereld staan die reenboogagtige tekeninge baie kere bekend as ‘n reenboog’slang’, simboliek vir ‘n rivier.

Stap dan weer uit die klofie uit en volg die afvoersloot ooswaarts tot by die hout leer en draad (16). Oor die leer en regs sowat 50 meter le die ongebruikte Dept. van Waterwese se ablusie blokke. Hier sluit jy aan by die pad wat gebruik word deur Dept. van Waterwese om Gamkapoortdam se wal te bereik. Draai links op die pad en volg dan die pad tot by jou voertuig.

Wooden stile and fence crossing at Gamkapoort dam road
Hout leer oor draad by Gamkapoortdam (16)

Die damwal was gebou rondom die 1967-69 periode, wat opdamming van twee riviere veroorsaak het naamlik Dwijka (leeuwyfie in Khoi taal) en Gamka (leeu in Khoi taal) met die hoofdoel om besproeings water vir boere stroomaf op te dam. Vra by die Lodge as jy belangstel om met Fox Ledeboer (17) (dam opsigter/waterfiskaal) ‘n geselsie aan te knoop.

Copyright © 2019 Bosch Luys Kloof   •   Site by: WebWorX