Four star game reserve, South Africa

LANGERUG ELAND ROETE
Stap roete

Nota: Die eerste 3km van die roete volg die 4x4 roete, die res van die roete is enkelspoor deur die veld. Die begin en eind punt is by die lodge.

KOÖRDINATES (by begin): 33°18'50.44"S, 21°31'31.08"E
AFSTAND: ±7.13km(sirkel roete)
STYGING/DALING: ± 206m/205m
MOEILIKHEIDSGRAAD: Matig
TYD GESKAT: ± 3ure (ongehaas)
MIN. HOOGTE BO SEESPIEEL: 531m
MAKS. HOOGTE BO SEESPIEEL: 699m
GEMERK MET: Wit Pyle en Voetspore

Langerug Eland Roete

Die Roete (verwys na nommers op die kaart)
Die roete begin (1) (hoogte bo seespieel 539m) by die Ska’Wagters 4x4 Roete se begin punt, voor die Lodge en volg dieselfde roete vir die eerste 3km. Die eerste deel van die roete sny deur doring ruigtes en jy sal verby een van ons “bomas” stap, dis hier waar ons Elande die eerste paar weke spandeer het om weer gewoond te raak aan die omgewing. Na jy die Bosluiskloof rivier (hoogte bo seespieel 531m) oorsteek het sal jy ‘n sanderige vlakte gewaar, hierdie is ook die begin/einde van “Con se pad” stap roete (2), ignoreer hierdie en volg net die 4x4 roete. Van hier af is die roete relatief duidelik gemerk met wit-geverfde pyle en voetspore teen klippe, dit sal die res van die pad voorentoe aandui.

Wees op die uitkyk vir gate en knolle wat uitgegrawe is deur die ystervarke, dis redelik sigbaar na die “Porcupine Kloof” bord aanduiding. Sowat 1.2km vanaf die roete se begin aan die regter kant van die pad, sal jy ‘n area met min plantegroei en sanderige grond waarneem (3). Hier sal jy ook ‘n opeenhoping van verskeie bok spesies se mis gewaar, hoofsaaklik die van Gemsbok en Eland. Dominante gemsbok bulle en verskeie ander bok spesies gebruik sulke areas om hulle gebied te merk. Hierdie gebeurtenis is hoofsaaklik om die gebied te merk en in beheer van daai spesifieke gebied te bly, die spesies is geneig om sulke hoogliggende sanderige grond vir die doeleindes te gebruik in plaas van die meer algemene klip- en rotsagtige oppervlaktes wat hier oorheers.

Die staproete vertak vir ‘n kort wyle na regs van die 4x4 roete by (4) (hierdie klein rivier loop het die bynaam ‘Fawcetts folley’ gekry nadat gaste hulle misgus het en gedink het dit is waar die 4x4 roete loop). Dit lei tot by Nouekloof, ‘n nou kloof wat na regs draai. Wanneer jy die kloof uitbeweeg volg die roete in ‘n westelike rigting.

Punt (5) op die kaart is bewys dat Spekboom (Portulacaria afra) die noord- en oostelike hellings van bergreekse wat meer son vang verkies. As jy gelukkig is mag jy dalk net sien hoe rats die Klipspringers en Dassies is tussen die Spekboom en rooi rots formasies aan jou linker kant.

Jy mag moontlik Eland, Gemsbok, Koedoe, Sebra, bobbejane en ‘n paar ander interessante spesies gewaar. As jy gedurende jou staptog klippe hoor rol is dit heel moontlik een of ander bok wat teen die skerp hellings uitbeweeg. Volg die 4x4 roete verder tot bo op die koppie by ‘n bord gemerk ‘Elands Roete’. Hier is ook bewyse van ‘n ou boorgat wat in die area gebruik is, die pad tot by die punt is deur die boere in daai jare uitgele, om die boor masjien tot hier te bring, asook vir vervoer van diesel om die masjien aan die gang te hou nadat water gevind is. Ons kon ongelukkig nie die boorgat self vind nie! Die kort roete tot by die uitkykspunt op die koppie is definitief die stap werd (6). By die punt het jy nou al ongeveer 3km gevorder met die stap roete. Die roete volg verder in ‘n westelike rigting (7). Wees op die uitkyk vir die wit geverfde voete en pyle wat die res van die roete aandui langs Langerug aan die weste, daar is ook ‘n bord wat se “Langerug”, hou van hier af wes al langs die Langerug op.

Die hoogste punt op die roete (hoogte bo seespieel 699m) is met twee wit geverfde voetspore op ‘n klip aangedui (8). Net ‘n bietjie verder na die twee voetspore beweeg die roete afwaarts binne ‘n natuurlike dreineringslyne in wat in ‘n suid-oostelike rigting vaar. Dit sluit by die Bosluiskloofrivier aan by punt (9) (hoogte bo seespieel ongeveer 550m). Draai links en volg die hoof rivier ooswaarts tot jy ‘n klip met ‘n wit voetspoor bereik aan jou regterkant, dit sal jou dan tot terug by die lodge versorg (10).

Die Roete neem jou deur twee verskillende plantegroei areas:
Gebroke karoo veld (meer as ‘n derde van die reservaat bestaan uit dié plantegroei, dis dominant aan die noordelike deel van die reservaat teen rots-agtige hellings en is ook ryk in vetplant spesies) met dwerg karoo struik-tipe plantegroei, asook klein bome in die afwaterings slote. Van die plant spesies hier te vinde is Eberlanzia ferox (Doringvygie), Delosperma sp. (Doringlose vygie), Rhigozum obovatum (Karoo Gold), Euclea undulata (Gewone gwharrie), Eriocephalus ericoides (Kapokbos), Nymania capensis (Chinese lantern of Klapperbos).
Akasia Ruigtes (langs die Bosluiskloofrivierbedding) alluviale neersaksels gedomineer deur Acacia (nou Vachellia) karroo (Soetdoring), Galenia africana (Kraalbos), Zygophyllum morgsana (Skilpadbos), Lycium oxycarpum (Wolwedoring), Melianthus comosus (Kruidjie-Roer-My-Niet) and Searsia lancea (Rooi karee).

Jy kan nie die Lodge mis nie, die kroeg wag om vir jou ‘n yskoue drankie van jou keuse op te lewer.

Copyright © 2019 Bosch Luys Kloof   •   Site by: WebWorX