Four star game reserve, South Africa

To Moer n Gone
Stap Roete

Nota: Die roete begin 9km vanaf die lodge af, naby ons hoof hek. ‘n Aflaai fooi van R150 is van toepassing as gaste heel bo afgelaai wil word.

KOÖRDINATE: 33°20'51.53"S, 21°27'42.36"O
AFSTAND: ± 7.06km (punt 1 tot 10 op kaart)
± 9.31km (punt 1 tot by lodge)

STYGING: ± 130m (punt 1 tot 10 op kaart)
± 136m (punt 1 tot by lodge)
DALING: ± 574m (punt 1 tot 10 op kaart)
± 713m (punt 1 tot by lodge)
MOEILIKHEIDSGRAAD: UITDAGEND (STEIL)
TYD SKATTING: ± 3uur (punt 1 tot 10 op kaart)
± 3.5uur (punt 1 tot by lodge)
MIN. HOOGTE BO SEESPIEEL: 652m (langs roete self)
MAKS. HOOGTE BO SEESPIEEL: 1226m (langs roete self)
GEMERK MET: Wit geverfde pyle en voetspore

To Moer n Gone Trail

Die roete: Hierdie is die sister roete van die gevestigde TO HELL ‘n GONE 4X4, MTB en STAPROETE

Die begin punt van die roete is sowat 1 km oos van ons hoof ingang en omtrent so 9 km vanaf die lodge. Gaste sal deur een van ons gidse by die begin punt afgelaai word met een van ons Landrovers en hulle eie voertuig by die eind punt van die roete los, sowat 2.3 km vanaf die lodge. Die aflaai punt (1), word aangedui deur ‘n bord waarop staan Van Wyks Kloof (hoogte bo seespieel 1115m, 280m vanaf reservaat hoofpad). Die pad is duidelik sigbaar en gemerk, die begin punt word aangedui met ‘n groot pyl (2). Na sowat 750m se stap sal jy een van ons Groot Vyf uitkyk punte bereik (4) met ‘n uitsig oor die westelike deel van die reservaat. Spandeer ‘n bietjie tyd hier, jy kan self vooraf met ons sjef reël vir ‘n gepakte ontbyt om hier te geniet voor jy die res van die roete aandurf. Vanaf die uitkyk punt, sal jy die roete hoofsaaklik in ‘n oostelike rigting volg (3, bord met ‘ BEGIN’ aangedui) – aan die noordelike kant van die kruin van die berg reeks tot by ‘n klein ruspunt sowat 1.9km by die roete in, sal daar ‘n bord wees wat sê “CREST ROUTE” (5). Moenie hierdie roete volg nie, dis ‘n kort sirkel roete wat jou terug neem na die begin punt, maar daar is geen vervoer wat jou dan kan terug neem na die Lodge nie.

Die noordelike hellings en randte huisves ‘n aantal interessante plant spesies. Van die plant spesies sluit onder andere in die Karoo Num-Num (Carissa haematocarpa), Sosatiebos (Crassula rupestris), Aloe ferox (jy sal verby ‘n baie groot Aloe ferox by punt (7) beweeg), Aloe comptonii, Klipnoors (Euphorbia heptagona), Melkbos (Euphorbia mauritanica), Euphorbia rhombifolia en Gewone gwharrie (Euclea undulate). ‘n Ander baie interessante spesies wat jy gereeld op die roete sal sien is die Gifbol (Boophone disticha). Hierdie plant is deur die Khoikhoi en San gebruik as ‘n gifstof waar in hulle hul pyle gedoop het vir die jag van diere. Tussen punt (5) en (8) sal jy areas van ongerepte Karoo landskap waarneem.

Behalwe vir ‘n klein gedeelte waar jy oor ‘n klein koppie moet stap, is die grootste deel van die roete afdrand met ‘n daling van 574m oor ‘n afstand van 7km. By punt (9) sal jy ‘n klein rivier bed kry wat in ‘n oostelike rigting loop en na die eind punt van die roete lei waar jou voertuig wag. Daar is ook die opsie om die laaste 2.3km te stap tot by die lodge in plaas daarvan om jou voertuig by die eindpunt te los.

Hier en daar sal jy heinings vind (6 and 8) hierdie dien as bewys wat ou pioniers boere moes deurmaak om te oorleef in die droeë omstandighede, meeste van die heinings binne die reservaat is al verwyder oor die jare.

Tydens jou staptog, wees op die uitkyk vir diere soos die Koedoe, Klipspringer, Vaalribbok, Bobbejaan, Witkruis Arend… en as jy gelukkig is mag jy net dalk paaie kruis met die klein Hewitt’s Red Rock Rabbit. Jy mag dalk ook die mis van die rooikat asook die Kaapse Luiperd op die roete vind, maar die kans om een van hulle te sien is maar baie skraal. Diere is geneig om die pad van minste weerstand te vat, gereeld gemaak deur mense, waar bossies en ander hindernisse uit die pad geskyf is.

Wanneer jy terugkeer na die lodge, gaan reguit kroeg toe en geniet ‘n koue drankie van jou keuse.

Copyright © 2019 Bosch Luys Kloof   •   Site by: WebWorX