Four star game reserve, South Africa

OSSEWA ROETE
Stap roete

Nota: Dit beweeg in die teenoorgestelde rigting van ons bekende Ossewa 4x4 roete. Hierdie historiese roete is deur pioniers en vroee ossewa trekkers gebruik ~1700/1800’s. Om by die begin punt afgelaai te word, kan vooraf gereel word, teen ‘n ekstra fooi van R50.

KOÖRDINATE: 33°19'58.21"S
21°30'43.74"O
AFSTAND: ± 6.75 (punt 1 tot 13 op kaart)
± 11.9km (lodge tot lodge)
STYGING/DALING: ± 175m/360m
MOEILIKHEIDSGRAAD: Matig
GESKATTE TYD: ± 3uur (punt 1 tot 13 op kaart)
± 4uur (lodge tot lodge)
MIN. HOOGTE BO SEESPIEEL: 510m
MAKS. HOOGTE BO SEESPIEEL: 765m
GEMERK MET: Wit Geverfde Voete En Pyle

Die Ossewa Roete

Die Roete (verwys na nommers op kaart)

Die roete begin (1) (hoogte bo seespieel 690m) by die “Ossewa Roete Einde” bord, sowat 2.8km van die lodge oppad na die reservaat se hoof ingangs hek.

Ongeveer 400m in die roete in, maak die pad ‘n vurk by ‘n ou sement watertrog (2), die staproete gaan links verby die watertrog in ‘n klein ‘rivierloop’ op. Die 4x4 roete vertak na regs. Volg die pyltjies en voetspore tot by ‘n wit geverfde paal by punt (3) waar die 4x4 roete en die stap roete weer by mekaar uitkom, van hier af volg die stap roete die 4x4 roete in ‘n oostelike rigting.

Koedoe, gemsbok, klipspringer, bobbejaan, dassie en witkruis arend is van die spesies wat jy op die roete kan verwag. Diere is geneig om die pad van minste weerstand te gebruik en daarom sal jy dikwels die tekens en mis van die Kaapse Luiperd sommer op die paadjie gewaar, party sal baie wit vertoon as gevolg van die hoe kalsium inhoud van hul dieet.

Sowat 2.1km in die roete in by punt (4) sal jy sien waar die ou historiese ossewa roete vanaf die Hartmansberg (regs) afkom en aansluit by die twee spoor paadjie waarop jy stap. Die roete was gebruik as ‘n deurgang deur Bosch Luys Kloof na Beaufort-Wes en ander dorpies anderkant die Swartberge. Die roete was gebruik tydens die 1800’s tot 1861 toe die Bosch Luys Kloof Pas gebou is. Punt (4) is die hoogste punt op die staproete, ongeveer 765m bo seespieel. As jy omdraai en terug kyk in die westlike rigting sal jy die Bosch Luys Kloof Pas sien, waar dit na onder beweeg in die vallei. Van hierdie punt af neem die hoogte bo seespieel weer af en jy sal verby ‘n ou skaap heining loop (5) oppad na Hartman se nedersetting (~1830’s).

Oppad na Hartman se nedersetting sal jy eers verby die begrafplaas (6) aan jou linkerkant loop, PJ Hartmann self het ook hier sy rus gevind.’n Kort ent verder teen ‘n klein heuweltjiie op, sal jy ‘n bordjie sien gemerk met “Hartmann” (7) dit bring jou tot by die historiese plaashuis van Hartmann. Hy was die eerste pionier vir wie daar grond toegeken is op Bosch Luys Kloof in 1856. Agter die plaashuis is ‘n groen klofie wat reg deur die jaar van oppervlaks water voorsien word deur ‘n natuurlike fonteintjie. Ou peerbome aangeplant deur die Hartmanns kan daar gewaar word. Gekleurde glas stukke, porselein en keramik stukkies kan ook rondom die huise waar geneem word, asook ou metaal stukke, wat bewys lewer dat mnr Hartmann as ‘n ystersmit gewerkskaf het. Buiten die klein boerdery waaruit hulle hul bestaan gemaak het vir eie gewin, het Hartmann en sy familie ook ossewaens herstel vir die verbygangers en ook perdeskoene vervaardig.

Aan die westlike kant van die pioniers huis is ‘n ou skaap kraal (draad) wat deur die meer onlangse boere op Bosch Luys Kloof gebruik was, maar net so paar meter verder op die staproete aan die linkerkant van die pad sal jy ‘n ou skaap kraal sien wat met klippe gepak is, die kraal dateer uit Hartmann se era uit (8).

Verder in die roete, verby Hartmann se nedersetting, sal jy ‘n klein rivierloop betree in ‘n oostelike rigting, volg net die wit voetspore en pyltjies wat op die klippe geverf is. Na jy uit die rivierloop is, sal jy verder in ‘n noordelike rigting stap oor ‘n oop stuk veld dan weer in ‘n rivier loop in, dis ook waar jy die eerste van vele Namakwa rotsvy (Ficus cordata subsp. cordata) sal gewaar asook dig gegroeide areas met Kruidjie-roer-my-niet (Melianthus comosus) (9).

4.3km in die roete in sal jy ‘n bordjie gewaar met “FOSSILS” daarop geverf (10) aan jou regter kant. Die skalie en sedimentere rots formasies in die Bokkeveld groep is ryk in fossiele van mariene oorsprong. ‘n Fyn oog sal ‘n hele paar fossiele gewaar wat tussen die skalie wegkruip in hierdie omgewing. Ons vra julle mooi om geen fossiele te verwyder nie, maar eerder dit agter te laat vir ander generasies om die geskedenis ook te waardeer.

800m verder sal jy ‘n bord gewaar met die woorde ‘THE WALL” (11) aan jou linker kant. Massiewe tektoniese kragte het die Kaapse Plooiberge en hierdie omgewing gevorm. Die rots formasies en sedimentere klip waaruit hulle bestaan het eens op ‘n tyd horisontaal gele, maar die kragte het hulle in die vertikale posisies gestoot soos wat jy dit tans waarneem.

Die pioniers huisie (12) verder op die roete was heel moontlik gebou in die era van Hartmann, en kon waarskynlik dié van ‘n skaapwagter gewees het.

Punt (13) is die einde van die ossewa roete, van die punt af het die historiese ossewa roete in ‘n oostelike rigting beweeg in die rigting van Prins Albert (toe bekend as Albertburg). Dele van die Bosch Luys Kloof hoofpad tot by die Gamkapoortdam volg nog dieselfde roete. Die Gamkapoort dam was vir die hoofdoel van besproeing gebou in 1967 to 1969, die opdamming van die water is besluit op die punt waar die Gamka en Dwijka riviere ontmoet, (wat dan verder vloei as die Gamka rivier na Gouritsriviermond), opdamming van die riviere het ‘n cul-de-sac van die ou pad gemaak. Vanaf die eindpunt kan jy nou weer die hoofpad volg in ‘n westelike rigting tot by die lodge, sowat 2.3km, waar jy ‘n koue drankie kan geniet!

Copyright © 2019 Bosch Luys Kloof   •   Site by: WebWorX