Four star game reserve, South Africa

ROODERAND ROETE
Stap en velddraf

Tipiese roete
Soos met meestal van ons staproetes volg hierdie een diere paadjies, droee rivierbeddings en oop veld. Ons ‘natuurlike’ benadering!
Nota: Daar is gereeld los klippe op hierdie roete langs, so stappers en velddrawwers pasop vir die enkels.

KO-ÖRDINATE: 33°17'51.63"S, 21°35'35.94"O
AFSTAND: ±4.73km (Begin tot Einde)
STYGING/DALING: ±150m
MOEILIKHEIDSGRAAD: Matig
TYD SKATTING: 1½ Uur
MIN. HOOGTE BO SEESPIEEL: 419m
MAKS HOOGTE BO SEESPIEEL: 535m (op roete)
GEMERK MET: Wit Geverfde Klippe, Yster Pale, ens.

Rooderand Roete

Die roete (vir vetgedrukte nommers verwys na nommers op Kaart)

Die beginpunt is ongeveer 7.3km in die rigting van die Gamkapoortdam vanaf die lodge. Draai links by die bord ‘Panorama koppie / Rooderant Staproete’. Gaste kan hul voertuie veilig los in die parkeer area (wit rotse dui die parkeer area aan) ongeveer 100m van dié afdraai af, hierdie is die roete se begin en eindpunt. Die roete self begin (hoogte bo seespieel ±439m) ongeveer 180m noord van hierdie parkerings area, en is duidelik aangedui deur ‘n bord (‘Start/Begin’). Volg die wit pale/merkers ooswaarts vanaf hierdie punt. Jy sal agterkom hoe Spekboom (Portulacaria afra) die heuwels suid van jou domineer. Hulle verkies hierdie heuwels wat na die noorde wys omdat hulle volle son (winter en somer) verkies. Die plantegroeitipe langs die Rooderandt roete is bekend as Gebroke Karoo Veld. Dit bestaan hoofsaaklik uit dwerg karoo struike wat hoofsaaklik houtagtige stamme het, maar vetplante is ook volop hier.

Vanaf punt (1) loop die paadjie in ‘n noord-oostelike rigting. Klim effens tot bo-op die saal van ‘n heuweltjie, en sak daarna deur ‘n klein vlakte met baie groot wit klippe. Hierdie ‘geologies gesproke’ jong sandstene van die Witteberg formasie le bo-op donkerder bruin skalie van die Bokkeveld groep (die kontras tussen die twee sedimentere gesteente tipes is duidelik). Klim dan weer die volgende koppie uit tot op die saaltjie by punt (2). Hier sal jy ‘n oop kol sagter grond vind met verskeie diere se mis. Sulke areas word benut deur verskillende diersoorte (o.a Gemsbok, Eland ens.) om hul grondsgebied te merk, of hul dominansie as die trop bul ens te bevestig.

Soos jy verder stap kyk uit vir Eland en Klipspringer. Eland is die grootste lewende boksoort (‘antelope’), terwyl Klipspringer (baie kleiner selfs as ‘n Eland kalfie) baie deftig op hul pote is en met gemak oor rotse spring en teen amper vertikale kranse uithardloop. Springbok, Gemsbok, Sebra en Volstruis onder andere is ook al opgelet op hierdie roete. Bobbejane is volop op Bosch Luys Kloof en word ook gereeld gesien. Moenie oor hulle bekommer nie, ons bobbejane is nog nie mens mak nie en hou hul afstand.Volg die wit merkers, as jy op enige stadium twyfel stop en kyk ‘n entjie vooruit vir die wit pale/ merkers. By punt (3) draai die roete na links (wes) en loop dan verder teen die rif op. Wanneer jy by die bo-punt kom, neem ‘n oomblik en kyk terug in die oostelike rigting van die Gamkapoortdam (‘n 612ha area word beslaan, wanneer hy vol is!). Noord van jou (4) sal jy ‘n skerp rots helling sien wat bedek is met Ligene (die geel-groen dele wat jy waarneem). Ligene is ‘n simbiotiese verhouding tussen ‘n swam en alge/OF sianobakterie (chlorofil bevattende bakterie). Die swam hou die ligene geanker aan die rots en bied struktuur in die simbiotiese verhouding, terwyl die alge verantwoordelik is vir fotosintese en voeding in die simbiose. Ligene word geassosieer met ‘n skoon atmosfeer en goeie lug kwaliteit- dus hoe meer Ligene hoe minder lug besoedeling.

‘n Kort stappie verder sal jou bring tot by ‘n relatiewe oop area omring met wit klippe (hoogte bo seespieel ±511m) (5). Alhoewel daar ‘n paar moontlikhede vir dié verskynsel is, is ‘n interressante teorie dat dit ‘n buitemuurse tempel was vir die Quena mense (afstammelinge van vroee suidelike Afrika Indiese invloed asook San). Die klippe lyn op met verskeie prominente verskynsels van die landskap. Dit het glo gehelp om tyd te hou van die maan se siklusse asook belangrike gebeurtenisse soos die begin van ‘n nuwe jaar.

Die roete vervolg in ‘n westerlike rigting. Jy sal ‘n dreineringslyn oorkruis en dan weer ‘n kort klim na die volgende wit gemerkte paal teen die koppie oorkant jou (6). Op die roete mag jy ‘n interessante plant spesie teekom (7) wat aan albei kante van die enkelspoor pad voorkom. Dit het ‘n effens sigbare bol bo die grond wat grys in kleur voorkom, met lang dun groen blare, in die vorm van ‘n palmwaaier. Hierdie plant spesie word die Gifbol of ‘Bushmans Poison/Tumbleweed’ (Boophone disticha) genoem. Die bol het medisinale waarde en was ook deur Khoi en San gebruik om ‘n gifstof vir hulle pyle te produseer. Tydens die somer verdwyn die lang dun blare en pienkerige blomme maak hul verskyning. Wanneer die blomme uitdroog vorm dit die ‘tumbleweed’ wat deur die wind rond gewaai word.

Kort voor die tweede afwaterings sloot, swaai die pad in ‘n noordelike rigting na regs na ‘n pragtige klein kloof (8). Hier kan jy weer ‘n blaaskans neem en die koelte geniet onder die rots formasies. Prominente vertikale rotsfomasies is ‘n gereelde verskynsel in die deel. Bobbejaan en luiperd besoek gereeld hierdie area, saam met ander wild spesies, veral wanneer daar water in die poele voorkom. Beweeg maar stadig deur die kloof, diere kan aan die anderkant uitbeweeg as hulle bedreig voel. Wanneer jy die kloof klaar bewonder het beweeg weer terug in die suidelike rigting van waar jy die hoof roete verlaat het vir die prag toneel.

Van punt (9) op die kaart, volg maar weer die gewone gemerkte tekens, deur die afwaterings sloot, wat jou in die suidelike rigting sal neem terug na die begin/einde van die roete.

Kom geniet iets koud van jou keuse by die kroeg.

Copyright © 2019 Bosch Luys Kloof   •   Site by: WebWorX